Job is active
Senior Boekhouer / Verkrygingskoördineerder
Salary not specified
Pro-Match RecruitmentDurbanville
About this job
Kernverantwoordelikhede
1. Boekhouding en Finansiële Administrasie- Hantering en rekonsiliasie van plaaslike en buitelandse bankrekeninge.
- Verwerking en administrasie van internasionale betalings, insluitend valutatransaksies (Forex).
- Voorbereiding en indiening van debiteurefinansiering (Debtors Discounting) by die bank.
- Administrasie en instandhouding van debiteure-kredietversekering.
- Monitering van kliënte se kredietlimiete en krediettoepassings.
- Hersiening en kontrolering van bank-, debiteure- en krediteure-rekonsiliasies.
- Ondersteuning en leiding aan die debiteure- en krediteure-administrasiespan.
- Rekonsiliasie van diensverskafferrekeninge.
- Ondersteuning aan die rekenmeester met maandafsluitings, ouditvoorbereiding en finansiële verslagdoening.
- Identifisering en opvolg van duplikaatbetalings, ongesorteerde ontvangstes en uitstaande fakture.
- Kontrolering van uitgawetoedelings, intertakoorplasings en voorraad-aanpassings.
- Aanvraag, opvolg en verwerking van kwotasies vanaf internasionale verskaffers.
- Administrasie van buitelandse aankoopbestellings.
- Verwerking van goedere-ontvangsnotas (GRN's).
- Opdatering van verskafferrekords, verskepingsinligting en verwagte aankomsdatums.
- Opvolg van produkspesifikasies en monsters by verskaffers.
- Skakeling tussen verskaffers, finansies, verkryging en vragagente.
- Ondersteuning met plaaslike verkrygingsadministrasie soos die onderneming groei.
- Dokumentering en verbetering van finansiële en verkrygingsprosesse.
- Onderhoud van voertuiglogboeke en monitering van brandstofverbruik.
- Algemene finansiële en administratiewe ondersteuning soos benodig.
Minimum Vereistes
- Matriek, tesame met ’n kwalifikasie in Boekhouding of Rekeningkunde (ICB, Nasionale Diploma of soortgelyk).
- Minimum 5 jaar toepaslike boekhoudingservaring.
- Goeie kennis en ervaring van debiteure, krediteure en bankrekonsiliasies.
- Blootstelling aan invoeradministrasie, buitelandse betalings of verkrygingsadministrasie.
- Praktiese kennis van Sage Pastel en/of Fusion (MiFusion).
- Ervaring met Nedbank se besigheidsbankdienste.
- Sterk Excel-vaardighede.
Sal in jou guns tel
- Ervaring met ERP-stelsels of ERP-migrasies.
- Kennis van debiteurefinansiering en kredietversekering (CGIC).
- Kennis van Incoterms en invoerdokumentasie.
- Vorige ervaring met die hersiening of ondersteuning van junior personeel.
- Ervaring in die voedselbestanddele-, kommoditeits- of handelsbedryf.
Persoonlike Eienskappe
Die ideale kandidaat sal:- Uiters akkuraat en detailgeoriënteerd wees.
- Sterk organisatoriese en probleemoplossingsvaardighede hê.
- Verantwoordelikheid aanvaar en take tot afhandeling opvolg.
- Selfstandig kan funksioneer en verskeie verantwoordelikhede effektief kan bestuur.
- Professioneel met verskaffers, banke en interne belanghebbendes kan kommunikeer.
- Diskreet en vertroulik met finansiële inligting kan werk.
Explore related jobs
Similar jobs
See all similar jobs
Pro-Match Recruitment
Junior Litigasie Prokureur / Junior Litigation Attorney
Salary not specified
Apply
O'Brien Recruitment
HR Administrator
Salary not specified
Apply
O'Brien Recruitment
HR Officer
Salary not specified
Apply
Conductio Consulting (Pty) Ltd
Practice Manager / Accounting Operations Manager
Salary not specified
Apply
CA Support
SAIPA ARTICLE CLERK / TRAINEE ACCOUNTANT
Salary not specified
Apply
Craven Cottage CC
Pizza Chef
Salary not specified
Apply
Frequently asked questions
How do I apply for this job?
Open the original source page and contact the employer there. Finder never charges job seekers.
Are these jobs up to date?
Yes. Finder regularly refreshes vacancies from public sources and removes closed offers.
