Job is active

Accountant / Bookkeeper

Salary not specified
Employment type not specifiedExperience not specifiedLimpopo

About this job

Jou verantwoordelikhede en vereistes:

  • Opstel en voorbereiding van finansiële state.
  • Hantering, voorbereiding en indiening van BTW-opgawes.
  • Alle aspekte rakende SARS, insluitend:
    • Indiening van belastingopgawes.
    • Hantering en bestuur van SARS-oudits.
    • Belastingnavrae en dispuutbeslegting.
    • Algemene belastingnakoming en korrespondensie.
  • Kennis en ervaring van EMP201- en EMP501-opgawes.
  • Hantering van CIPC-verwante take.
  • Kennis van Werkloosheidsversekering en Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes (COIDA / Ongevalle).

Kennis en ondervinding wat tot jou voordeel sal strek:

  • Praktiese ondervinding met Sage One, Pastel en CaseWare.
  • Registrasie by SAICA of SAIPA.
  • Goeie kennis van Suid-Afrikaanse belastingwetgewing en finansiële administrasie.

Die ideale kandidaat:

  • Beskik oor uitstekende aandag aan detail en sterk organisatoriese vaardighede.
  • Kan onafhanklik funksioneer en goeie tydsbestuur toepas.
  • Is professioneel, verantwoordelik en resultaatgedrewe.
  • Is vlot en gemaklik in beide Afrikaans en Engels.
  • Beskik oor ’n geldige bestuurslisensie.

Frequently asked questions

How do I apply for this job?

Open the original source page and contact the employer there. Finder never charges job seekers.

Are these jobs up to date?

Yes. Finder regularly refreshes vacancies from public sources and removes closed offers.

Apply