Assistent Finansiële en Kantoorbestuurder / Assistant Financial and Office Manager
About this job
Posbeskrywing
Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir die ondersteuning van die finansiële funksie sowel as die algemene bestuur van kantooraktiwiteite. Hierdie rol vereis 'n persoon wat georganiseerd, akkuraat en selfstandig kan werk, met sterk interpersoonlike vaardighede om met personeel, verskaffers en kliënte te skakel.Verantwoordelikhede
-Assisteer met maandelikse finansiële verslagdoening en rekonsiliasies
-Verwerking en kontrolering van skuldenaars- en krediteureboeke
-Voorbereiding en verwerking van fakture, kwitansies en betalings
-Bankrekonsiliasies en kontantvloei-opvolging
-Ondersteuning met begrotings en finansiële beplanning
-Toesig oor dag-tot-dag kantooradministrasie en -prosesse
-Bestuur van kantoorverbruiksgoedere, toerusting en verskaffersverhoudinge
-Koördinering van personeeladministrasie, soos verlofrekords en lêerhouding
-Skakeling met ouditeure, banke en ander eksterne belanghebbendes
-Implementering en handhawing van interne kontroles en administratiewe beleide
-Ondersteuning van bestuur met ad hoc finansiële en administratiewe take
-Bystand met voorbereiding van verslae vir bestuursvergaderings
Vereistes
-2 tot 5 jaar relevante ervaring in finansiële werk
-Ondervinding in kantooradministrasie en/of -bestuur
- Afrikaanssprekend (moedertaal of vlot)
-Sterk organisatoriese en administratiewe vaardighede
-Vermoë om onafhanklik te werk en verantwoordelikheid te neem
-Rekenaarvaardig (MS Office; rekeningkundige sagteware-ervaring 'n voordeel)
-Goeie kommunikasie- en interpersoonlike vaardighede
Werksure
-Maandae tot Vrydae: 07:30 - 16:00
-Elke tweede Saterdag: 07:30 - 13:00
Vergoeding en Voordele
-Markverwante salaris, aangepas volgens ervaring
-Gereelde prestasiebonusse
-Desemberbonus
-'n Uitstekende werkskultuur wat werklik omgee vir sy mense
Explore related jobs
Similar jobs
See all similar jobsHR Generalist
Portfolio Administrator
Kosteberamer / Cost Estimator
Millwright
Accountant
Fitter
Frequently asked questions
How do I apply for this job?
Open the original source page and contact the employer there. Finder never charges job seekers.
Are these jobs up to date?
Yes. Finder regularly refreshes vacancies from public sources and removes closed offers.